Terug na Trou-wysheidTrou maandbeplanner

Trou maandbeplanner

Alhoewel daar mense is wat hul troues beplan binne 'n paar maande, is die gemiddelde beplan tyd 12 tot 18 maande. Gebruik hierdie lysie om seker te maak dat jy niks mis nie!

12 Maande voor die troue:

  • Kondig julle verlowing aan
  • Stel die begroting op
  • Stel 'n gastelys op
  • Besluit waar julle wil trou
  • Doen navorsing oor venues
  • Besluit op 'n trou datum
  • Bespreek die venue
  • Besluit oor tema en kleur skema

9–12 Maande:

  • Kies bruidsmeisies en strooijonker
  • Bespreek fotograaf & videograaf
  • Bespreek musikante en platejoggie
  • Bespreek huweliksbevestiger
  • Kies en bestel jou rok
  • Navorsing oor wittebrood
  • Bespreek voor-huwelikse kursus

6–9 Maande:

  • Kies bruidsmeisie rokke
  • Bespreek vervoer
  • Bespreek haarstilis
  • Bespreek grimeerkunstenaar
  • Bespreek wittebrood
  • Kies uitnodigings
  • Stuur save the dates
  • Bestel troukoek
  • Beplan hen en ram partytjie
  • Bespreek troupakke
  • Bespreek blomme en dekor

3–5 Maande:

  • Stuur uitnodigings
  • Laat huweliks kontrakte opstel
  • Organiseer kerk papierwerk
  • Besluit op gebed/skrifgedeeltes/liedjies
  • Ontmoet diensverskaffers
  • Maak seker paspoorte is reg

6–8 Weke:

  • Gaan vir trourok passing
  • Kies troupante
  • Kies geskenkies vir gevolg en ouers

3–5 Weke:

  • Kontak mense wat nog nie RSVP het nie
  • Finaliseer gaste getalle
  • Gee finale getalle deur na venue
  • Werk tafelbeplanning uit
  • Finale trourok passing

1–2 Weke:

  • Kontak diensverskaffers en bevestig reëlings
  • Doen repetisie
  • Tel trourok op
  • Skryf beloftes en toesprake
  • Pak vir wittebrood

Finale week:

  • Laaste minuut tafelplasings
  • Skoonheidsbehandelings
  • Kontroleer trourok en bybehore
  • Doen uitstaande betalings

Dag voor die troue:

  • Maak seker koek en items is afgehaal
  • Tel bruidegom se pak op
  • Gaan vroeg bed toe

Die groot dag:

  • Ontspan
  • Genoeg tyd vir hare en grimering
  • Onthou om te eet
  • Gee vir elkeen 'n skedule
  • Geniet die dag!

Kommentaar

0 kommentare

Meld aan of registreer om kommentaar te lewer.

Laai kommentaar...

← Terug