Vrae & Antwoorde
Het jy 'n vraag? Kyk hieronder vir antwoorde op algemene vrae oor Trou Idees, ons gemeenskap en ons reëls.
Algemeen oor Trou Idees
Trou Idees is 'n trotse Afrikaanse huweliksbeplannings- en inspirasieplatform vir die Suid-Afrikaanse mark. Ons bied praktiese artikels, beplanningsgidse, inspirasie en 'n ondersteunende gemeenskap vir paartjies wat beplan om te trou - én vir vroue wat in elke fase van die lewe meer wil leer oor verhoudings, leefstyl en gesin.
Trou Idees is ons "mother brand" wat al jare lank deur duisende mense vertrou word. Mettertyd het dit uitgebrei en die volgende bladsye en produkte is trots deel van die Trou Idees Ekosisteem:
• Trou Idees: Troues & Funksies (Facebook Bladsy)
• Verhoudings & Leefstyl (Facebook Bladsy)
• Verhoudings & Leefstyl: Groep (Facebook Groep)
• Venue Ideas (Instagram Bladsy)
• Trou Idees Webwerf - Jy is nou hier 😊
• Venue Ideas Webwerf
Coming soon - Groei deur Trou Idees & Trou Idees Toep.
Ja. Die webtuiste en sosiale media platforms is alles gratis. Dit sluit in artikels, beplanningsgidse, gemeenskap, soek van venues en vendors vir jou funksie - alles gratis. Sekere produkte in die aanlynwinkel en advertensiepakkette vir besighede is uitsonderings.
Nee. Terwyl ons fokus op troues en funksies, is ons "Verhoudings & Leefstyl" platform daar vir alles rondom vrou-wees - van swangerskap en kinders tot algemene leefstyladvies.
Ons is trots Afrikaans, maar Engels is ook welkom. Ons vra net dat gebruikers ordentlike taalgebruik handhaaf, sonder kru taal of vloekwoorde.
Lees meer oor die reëls: Verhoudings & Leefstyl · Troues & Funksies
Beplanning & Verskaffers
Jy kan diensverskaffers vind deur ons Venue Ideas platform te besoek, of deur die Vra Jou Vraag afdeling te gebruik om aanbevelings van die gemeenskap te kry.
Ons het 'n reeds uiteengesette Trouebeplanner wat jy hier kan bestel.
Sosiale Media & Gemeenskapsreëls
Ons handhaaf streng gemeenskapsreëls gebaseer op Christelike waardes. Plasings wat haatspraak, afknouery, kru taal of verbode onderwerpe (soos gewigsverliesprodukte of SHEIN) bevat, sal verwyder word. Herhaaldelike oortreders word geblok om die veiligheid van die groep en blad te verseker.
Lees meer oor die reëls: Verhoudings & Leefstyl · Troues & Funksies
Ons laat geen negatiewe kommentaar oor diensverskaffers op die openbare blad toe nie. Indien jy 'n slegte ervaring gehad het, stuur asseblief 'n e-pos na info@trouidees.co.za sodat ons dit privaat en professioneel kan hanteer.
Advertensies en Verkope
Direkte advertensies op sosiale media platform Trou Idees: Troues & Funksies word slegs as volg toegelaat:
• "Mark-Maandag" – waar verskaffers hul dienste en produkte kan adverteer.
• "Winskopie Woensdag" – waar alle ander tipe rokke soos matriekafskeidrokke, ma-van-die-bruid rokke adverteer kan word.
• "Sakpas Saterdag" – 'n dag spesiaal vir trourokke wat tweedehands adverteer en verkoop word.
Vir amptelike advertensiepakkette op ons webtuiste of blaaie, kyk gerus na die aanbiedinge op die Adverteer bladsy. Indien jy 'n unieke veldtog in gedagte het, kontak ons by info@trouidees.co.za.
Nee. Ons laat nie plasings oor die verkoop van tweedehandse items, vinnige inkomste-skemas of oorsese invoer-maatskappye (soos SHEIN) toe nie. Sien Mag ek my besigheid adverteer vraag waar ons wel uitbrei oor watter tweedehandse items toegelaat word en binne watter beperkings.
Mediese en Sensitiewe Onderwerpe
Mediese vrae moet beperk word en mag nooit die name van spesifieke medikasie bevat nie. Ons laat geen besprekings oor vaksiene of inentings toe nie. Raadpleeg altyd 'n geregistreerde dokter.
Lees meer oor die reëls: Verhoudings & Leefstyl · Troues & Funksies
Vir die veiligheid van die gemeenskap laat ons nie plasings oor selfdood toe nie. Kontak asseblief SADAG direk by 0800 567 567 vir dringende hulp.
Kontak
Besoek die Kontak Ons bladsy, of stuur 'n e-pos na info@trouidees.co.za. Jy is ook welkom om met ons te praat op WhatsApp.
Ons span help graag met enige vrae.
Kan jy nie jou antwoord hier kry nie?
Kontak OnsSluit aan by ons Gemeenskap
Kry die nuutste trou-inspirasie, wenke en eksklusiewe aanbiedinge direk op E-pos.
