
Ons is verloof, wat nou?
Julle het die verlowing aangekondig – maar wat gebeur nou? Hier is 6 dinge om aan te dink:
1. Wanneer wil julle trou?
Oorweeg datum, seisoen en begroting. Baie venues is 12 maande vooruit vol bespreek – beplan vroeg.
2. Waar sal die troue plaasvind?
Kerk of kapel vir seremonie, venue/hotel vir onthaal. Hou in gedagte: gaste getalle, afstand tussen kerk en venue, tema en begroting.
3. Die tipe troue?
Formeel of informeel – dit is julle dag. Kies 'n tema of kleurskema en versamel inspirasie op Trou Idees se Facebook en Pinterest.
4. Hoeveel gaste?
Maak 3 lyste: A (naaste familie en vriende), B (familie en vriende), C (werkskollegas en kennisse). Sny eers lys C, dan B indien nodig.
5. Hoeveel bruidsmeisies en strooijonkers?
Kies mense wat vir julle spesiaal is. Hulle ondersteun die bruidspaar en help met die kombuistee en ram partytjie.
6. Die begroting?
Besluit hoeveel julle kan spandeer en hou daarby. Gesels met ouers oor moontlike bydraes. Met goeie beplanning sal alles glad verloop.
Kommentaar
Meld aan of registreer om kommentaar te lewer.
Laai kommentaar...