
Die rol van die seremoniemeester
Die seremoniemeester is die kontakpersoon tussen die bruidspaar en alle diensverskaffers. Wanneer iets verkeerd loop, word hy eerste in kennis gestel.
Pligte:
- Verwelkom gaste by die seremonie
- Maak seker al die gaste ontvang programme
- Laat gaste binne gaan wanneer die bruid oppad is
- Maak seker die musiek is gereed vir die instap
- Maak seker almal ontvang konfetti na die seremonie
- Roep name uit van persone wat vir foto's gesoek word
- Wys vir gaste waar peuselhappies en drankies is
- Help gaste om hulle sitplekke te kry
- Doen die verwelkoming en verduidelik kroeg, badkamers en geskenktafel
- Kondig aan wanneer bruidspaar die onthaalsaal binne kom
- Roep die persoon vir die tafelgebed
- Roep persone vir die heildronke en maak seker tafels het vonkelwyn
- Laat bruidspaar eerste kos skep, roep dan per tafel
- Kondig elke deel van die aand aan
- Maak seker die gasteboek doen die rondte
Kommentaar
0 kommentare
Meld aan of registreer om kommentaar te lewer.
Laai kommentaar...